ⓘ Bandoeng is n stad in die provinsie Wes-Java in Indonesie. Bandoeng is die provinsiale hoofstad. Die stad beskik oor die oudste tegniese universiteit van Indone ..

                                     

ⓘ Bandoeng

Bandoeng is n stad in die provinsie Wes-Java in Indonesie. Bandoeng is die provinsiale hoofstad.

Die stad beskik oor die oudste tegniese universiteit van Indonesie, die Institut Teknologi Bandung wat in 1920 gestig is. Dit het ook n treinstasie aan die lyn Jakarta-Jogjakarta. Die internasionale lughawe is Husein Sastranegara vroeer lughawe Andir, wat in 1925 oorspronklik as n militêre lughawe geskep is, maar sedert 1928 ook burgerlugvaart hanteer.

Baie van die huise en kantore in die stad is in die Art Deco-styl gebou.

                                     

1. Burgemeester

  • Japanse besetting: Raden A. Atma dit Nata 1942–1945.
  • Nederlands-Indiese tyd: B. Coops 1917–1920; S.A. Reitsma 1920–1921 waarnemend; B. Coops 1921–1928; Ir. J.E.A. van Volsorgen Kuhr 1929–1935; Mr. J.M. Wesselink 1935–1937; N. Beets 1937–1942.
  • Indonesiese tyd: Ir. Ukar Bratakusumah 1946–1949; R. Enoch 1949–1956; R. Priatna Kusumah 1956–1966; R. Didi Jukardi 1966–1968; Hidayat Sukarmadijaya 1968–1971; R. Otje Djundjunan 1971–1976; H.Ucu Junaedi 1976–1978; R. Husein Wangsaatmaja 1978–1983; H. Ateng Wahyudi 1983–1993; Wahyu Hamidjaja 1993–1998; Aa Tarmana 1998–2003; H. Dada Rosada 2003–2013; Ridwan Kamil 2013-nu.
                                     

2. Susterstede

  • Liuzhou, Volksrepubliek China, vanaf 2009
  • Yingkou, Volksrepubliek China, vanaf 2009
  • Braunschweig, Duitsland, vanaf die jare 80
  • Suwon, Suid-Korea, vanaf 2003
  • Fort Worth, Verenigde State van Amerika, vanaf 1990